NUMERI 14:43
NUMERI 14:43 Bybel vir almal (ABA)
Die Amalekiete en die Kanaäniete is daar voor julle, julle sal sterf in die oorlog omdat julle weggegaan het van die Here, Hy sal nie by julle wees nie.”
NUMERI 14:43 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want die Amalekiete en die Kanaäniete is daar voor julle, en julle sal deur die swaard val; omdat julle van die HERE afvallig geword het, daarom sal die HERE nie met julle wees nie.
NUMERI 14:43 Afrikaans 1983 (AFR83)
want die Amalekiete en Kanaäniete sal julle daar inwag, en julle sal om die lewe gebring word. Die Here sal nie by julle wees nie, omdat julle van Hom af weggedraai het.”
NUMERI 14:43 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
want dit is die Amalekiete en die Kanaäniete teen wie julle daar te staan sal kom. Julle gaan deur die swaard val, juis omdat julle van die HERE weggedraai het. Die HERE sal nie by julle wees nie.”
NUMERI 14:43 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want die Amalekiete en die Kanaäniete is daar voor julle, en julle sal deur die swaard val; omdat julle van die HERE afgewend is, daarom sal die HERE nie met julle wees nie.