NUMERI 14:30
NUMERI 14:30 Bybel vir almal (ABA)
Ek het belowe dat julle in daardie land sal woon, maar julle sal nie daar kom nie, net Kaleb seun van Jefunne en Josua seun van Nun sal daar kom.
NUMERI 14:30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Waarlik, júlle sal nie in die land kom waaroor Ek my hand opgehef het om julle daarin te laat woon nie, behalwe Kaleb, die seun van Jefúnne, en Josua, die seun van Nun.
NUMERI 14:30 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nie een van julle sal die land betree wat Ek met 'n eed aan julle as woonplek beloof het nie, behalwe Kaleb seun van Jefunne, en Josua seun van Nun.
NUMERI 14:30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ja, julle sal nie in die land ingaan waaroor Ek my hand opgehef het om julle daarin te laat woon nie, behalwe Kaleb, seun van Jefunne, en Josua, seun van Nun.
NUMERI 14:30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Julle sal ongetwyfeld nie in die land kom waaroor Ek gesweer het om julle daarin te laat woon nie, behalwe Kaleb, die seun van Jefunne, en Josua, die seun van Nun.