NUMERI 14:26-27
NUMERI 14:26-27 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het vir Moses en Aäron gesê: “Hierdie slegte volk hou aan om My te beskuldig. Ek het gehoor dat die Israeliete My beskuldig
NUMERI 14:26-27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarna het die HERE met Moses en Aäron gespreek en gesê: Hoe lank sal hierdie bose vergadering aanhou dat hulle teen My murmureer? Ek het die murmureringe van die kinders van Israel gehoor waarmee hulle teen My bly murmureer.
NUMERI 14:26-27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het vir Moses en Aäron gesê: “Hoe lank sal hierdie slegte volk nog aanhou met hulle verset teen My? Ek het opgemerk hoe die Israeliete hulle teen My verset.
NUMERI 14:26-27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het verder met Moses en Aäron gepraat en gesê: “ Hoe lank nog moet Ek hierdie bose volksvergadering verduur wat aanhoudend by My mor? Die gemor waarmee die Israeliete aanhoudend by My aankom, het Ek gehoor.
NUMERI 14:26-27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die HERE het met Moses en Aäron gespreek en gesê: Hoe lank sal ek hierdie bose vergadering verdra wat teen my murmureer? Ek het die murmureringe van die kinders van Israel gehoor wat hulle teen My murmureer.