NUMERI 14:10
NUMERI 14:10 Bybel vir almal (ABA)
Die hele vergadering het toe gesê hulle gaan vir Josua en Kaleb doodgooi met klippe. Maar toe sien al die Israeliete dat die Here, die Koning, by die tent is waar Hy aan die Israeliete verskyn.
NUMERI 14:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê die hele vergadering dat hulle gestenig moet word. Maar die heerlikheid van die HERE het in die tent van samekoms verskyn voor al die kinders van Israel.
NUMERI 14:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar die hele vergadering het gedreig om vir Josua en Kaleb met klippe dood te gooi. Toe het die magtige teenwoordigheid van die Here by die tent van ontmoeting vir al die Israeliete sigbaar geword.
NUMERI 14:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe die hele volksvergadering dreig om hulle met klippe dood te gooi, het die heerlikheid van die HERE in die Tent van Ontmoeting aan al die Israeliete verskyn.
NUMERI 14:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar die hele vergadering het beveel om hulle met klippe te stenig. En die heerlikheid van die HERE het in die tent van samekoms verskyn voor al die kinders van Israel.
NUMERI 14:10 Die Boodskap (DB)
Die hele vergadering was egter min beïndruk met wat Josua en Kaleb gesê het en wou hulle sommer daar op die plek met klippe doodgooi. Maar skielik het die verblindende glans van die Here se teenwoordigheid oor die tent sigbaar geword. Almal kon dit sien.