NUMERI 1:1-4
NUMERI 1:1-4 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het met Moses gepraat in die Sinai-woestyn in die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het. Dit was op die eerste dag van die tweede maand nadat die Israeliete uit Egipte gekom het. Die Here het gesê: “Julle moet al die mense van die volk Israel tel. Julle moet elkeen se naam in 'n boek skryf, en julle moet ook skryf van wie se nageslag hy is en aan watter familie hy behoort. Moses, jy en Aäron moet dit doen. Julle moet in die boek die naam skryf van elke man wat 20 jaar of ouer is, elkeen wat oorlog kan maak, en ook by watter groep van die leër hy moet wees. Een persoon van elke stam, 'n familiehoof, moet vir julle help.
NUMERI 1:1-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VERDER het die HERE met Moses gespreek in die woestyn Sinai, in die tent van samekoms, op die eerste van die tweede maand, in die tweede jaar nadat hulle uit Egipteland uitgetrek het, en gesê: Neem julle die volle getal van die hele vergadering van die kinders van Israel op volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, almal wat manlik is, hoof vir hoof; van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek in Israel, dié moet julle tel volgens hulle leërafdelings, jy en Aäron. En met julle saam moet daar van elke stam 'n man wees, 'n man wat hoof is van sy families.
NUMERI 1:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het met Moses gepraat in die tent van ontmoeting in die Sinaiwoestyn. Dit was op die eerste dag van die tweede maand, in die tweede jaar nadat Israel uit Egipte weggetrek het. Die Here het gesê: “Jy en Aäron moet al die Israeliete man vir man tel volgens afkoms en familie; skryf die name op van elke manlike persoon van twintig jaar en ouer, elkeen in Israel wat vir militêre diens geskik is en wat in leërafdelings ingedeel is. Julle moet hierin bygestaan word deur persone wat hoofde is van hulle families, een uit elke stam.
NUMERI 1:1-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het met Moses gepraat in die Tent van Ontmoeting in die Sinaiwoestyn. Dit was op die eerste dag van die tweede maand in die tweede jaar ná hulle uittog uit Egipteland. Hy het gesê: “ Hou 'n hoofdelike telling van die hele volksvergadering van die Israeliete volgens hulle familiegroepe, volgens hulle families, met volle name van elke manlike persoon, kop vir kop, van twintig jaar en ouer – elke weerbare man in Israel. Jy en Aäron moet hulle inskryf volgens hulle leërafdelings. Saam met julle moet daar iemand wees, 'n man uit elke stam, iemand wat die hoof is van sy familie.
NUMERI 1:1-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die HERE het met Moses gespreek in die woestyn Sinai, in die tent van samekoms, op die eerste dag van die tweede maand, in die tweede jaar ná hulle uittog uit Egipteland, en gesê: Neem die som van die hele vergadering van die kinders van Israel, volgens hulle geslagte, volgens die huis van hulle vaders, met die getal van hulle name, elkeen wat manlik is volgens hulle geslagte; Van twintig jaar oud en daarbo, almal wat in Israel oorlog kan uittrek; jy en Aäron moet hulle tel volgens hulle leërs. En by jou sal daar 'n man van elke stam wees; elkeen hoof van die huis van sy vaders.
NUMERI 1:1-4 Die Boodskap (DB)
In die middel van die lente in die tweede jaar nadat Israel uit Egipte weggetrek het, het die Here met Moses in die tabernakel, die spesiale tent waar Hy hom ontmoet het, gepraat en vir hom gesê: “Jy en Aäron moet ’n sensusopname van die hele volk volgens hulle familiegroepe en stamme hou. Skryf die name op van al die mans van twintig en ouer wat militêre diens kan doen. Kry een hoof uit elke stam om julle hiermee te help.
NUMERI 1:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE het met Moses by die tabernakel in die woestyn van Sinai gepraat. Dit was in die middel van die lente, in die tweede jaar nadat Israel uit Egipte weg is: “Neem ’n sensus op van al die Israeliete volgens hulle stamme en hulle familiegroepe. Stel ’n lys op met die name van al die weerbare mans bo twintig jaar. Jy en Aäron moet dit doen. Uit elke stam moet ’n leier julle help.