Numeri 1:1-4

Numeri 1:1-4 AFR20

Die HERE het met Moses gepraat in die Tent van Ontmoeting in die Sinaiwoestyn. Dit was op die eerste dag van die tweede maand in die tweede jaar ná hulle uittog uit Egipteland. Hy het gesê: “ Hou 'n hoofdelike telling van die hele volksvergadering van die Israeliete volgens hulle familiegroepe, volgens hulle families, met volle name van elke manlike persoon, kop vir kop, van twintig jaar en ouer – elke weerbare man in Israel. Jy en Aäron moet hulle inskryf volgens hulle leërafdelings. Saam met julle moet daar iemand wees, 'n man uit elke stam, iemand wat die hoof is van sy familie.