NEHEMIA 8:3 - Compare All Versions
NEHEMIA 8:3 ABA (Bybel vir almal)
Die priester Esra het toe die wette vir die volksvergadering gebring. Daar was mans en vroue. Almal wat kon verstaan, was daar. Dit was op die eerste dag van die sewende maand.
NEHEMIA 8:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En Esra, die priester, het die wet voor die vergadering gebring, manne sowel as vroue en almal wat met verstand kon luister, op die eerste dag van die sewende maand.
NEHEMIA 8:3 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die priester Esra het toe die wet voor die gemeente gebring, man en vrou, elkeen wat kon verstaan. Dit was op die eerste dag van die sewende maand.
NEHEMIA 8:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Esra, die priester, het toe op die eerste dag van die sewende maand die Wet voorgehou aan die byeenkoms, wat mans en vroue ingesluit het, elkeen wat met begrip kon luister.
NEHEMIA 8:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het daarin gelees voor die straat wat voor die Waterpoort was van die môre tot die middag, voor die manne en die vroue en die wat kon verstaan; en die ore van die hele volk het ag geslaan op die wetboek.
NEHEMIA 8:3 DB (Die Boodskap)
Esra, wat ook ’n priester is, het toe die wetboek gaan haal om dit vir al die mense, mans en vroue wat oud genoeg was om te verstaan, voor te lees.
NEHEMIA 8:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Op die plein voor die Waterpoort het hy daaruit voorgelees vir almal wat kon verstaan. Hy het van vroeg die môre af tot die middag toe daaruit vir hulle voorgelees. Almal het baie aandagtig na die wetboek geluister.