NEHEMIA 7:70-72 - Compare All Versions
NEHEMIA 7:70-72 ABA (Bybel vir almal)
Party van die familiehoofde het presente gebring vir die werk by die tempel. Die goewerneur het 1 000 goue darieke en 50 bakke en rokke vir 530 priesters gegee. Party van die familiehoofde het 20 000 goue darieke en 2 200 mines silwer gegee. Die ander mense het 20 000 goue darieke, 2 000 mines silwer en rokke vir 67 priesters gegee.
NEHEMIA 7:70-72 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En 'n deel van die familiehoofde het bygedra vir die werk; die goewerneur se bydrae tot die fonds was: in goud duisend dragmes, vyftig komme, vyfhonderd-en-dertig priesterrokke. En van die familiehoofde het gegee vir die boufonds: in goud twintigduisend dragmes, en in silwer tweeduisend-tweehonderd mines. En wat die res van die volk gegee het, was: in goud twintigduisend dragmes, en in silwer tweeduisend mines, en sewen-en-sestig priesterrokke.
NEHEMIA 7:70-72 AFR83 (Afrikaans 1983)
Party familiehoofde het bydraes gegee vir die werk. Die goewerneur het vir die fonds ag en 'n half kilogram goud, vyftig komme en vyf honderd en dertig stelle priesterklere gegee. Van die familiehoofde het vir die werkfonds honderd ag en sestig kilogram goud en een en 'n kwart ton silwer bygedra. Die res van die mense het honderd ag en sestig kilogram goud, meer as 'n ton silwer en sewe en sestig stelle priesterklere gegee.
NEHEMIA 7:70-72 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ander familiehoofde het vir die boufonds 20 000 goue dragme en 2 200 silwermina gegee. 20 000 goue dragme, 2 000 silwermina en 67 priesterrokke is wat die res van die volk gegee het. Die priesters, die Leviete, die poortwagte, die sangers, 'n deel van die volk en die tempeldienaars en al die ander Israeliete het in hulle dorpe gaan woon.
NEHEMIA 7:70-72 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En sommige van die familiehoofde het aan die werk gegee. Die Tirshata het aan die skat duisend dram goud gegee, vyftig komme, vyf honderd en dertig priesterklere. En sommige van die familiehoofde het aan die skat van die werk twintig duisend dram goud en twee duisend twee honderd pond silwer gegee. En wat die res van die volk gegee het, was twintig duisend dram goud en twee duisend pond silwer en sewe en sestig priesterklere.
NEHEMIA 7:70-72 DB (Die Boodskap)
Sommige van die hoofde van die families het bydraes gegee vir die koste verbonde aan die herstelwerk. Die goewerneur het 8,5 kilogram goud, 50 seremoniële waskomme en 530 stelle priesterklere geskenk. Van die ander familiehoofde het 168 kilogram goud en 1 250 kilogram silwer bygedra. Die res van die mense het 168 kilogram goud, 140 kilogram silwer en 67 stelle priesterklere geskenk.
NEHEMIA 7:70-72 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Party familiehoofde het bydraes vir die werk gegee. Die goewerneur het agt en ’n half kilogram goud, 50 goue komme en 530 stelle priesterklere gegee. Van die familiehoofde het vir die werkfonds 168 kilogram goud en een en ’n kwart ton silwer bygedra. Die res van die mense het 168 kilogram goud, meer as ’n ton silwer en 67 stelle priesterklere gegee.