Nehemia 7:70-72

Nehemia 7:70-72 AFR20

Ander familiehoofde het vir die boufonds 20 000 goue dragme en 2 200 silwermina gegee. 20 000 goue dragme, 2 000 silwermina en 67 priesterrokke is wat die res van die volk gegee het. Die priesters, die Leviete, die poortwagte, die sangers, 'n deel van die volk en die tempeldienaars en al die ander Israeliete het in hulle dorpe gaan woon.