NEHEMIA 3:8
NEHEMIA 3:8 Bybel vir almal (ABA)
Die goudsmid Ussiël seun van Garhaja het die volgende stuk van die muur reggemaak, en Gananja, die man wat die salf gemeng het, het die volgende stuk reggemaak. Hulle het die muur van Jerusalem reggemaak tot by die Breë Muur.
NEHEMIA 3:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Naas hom het Ússiël, die seun van Harhája, van die goudsmede, herstel; en naas hom het Hanánja, 'n lid van die salfmengers, herstel; en hulle het Jerusalem onaangeroerd gelaat tot by die breë muur.
NEHEMIA 3:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ussiël seun van Garhaja, en die smede het die volgende stuk herstel, en Gananja, een van die salfmengers, die volgende. Hulle het buite om Jerusalem gebou tot by die Breë Muur.
NEHEMIA 3:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Langs hulle het Ussiël, seun van Garhaja, 'n lid van die goudsmede, herstelwerk gedoen. Langs hom het Gananja, 'n lid van die salfmengers, herstelwerk gedoen. Hulle het Jerusalem opgeknap tot by die Breë Muur.
NEHEMIA 3:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Naas hom het Ussiël, die seun van Harhája, van die goudsmede, herstel. Naas hom het Hanánja, die seun van een van die aptekers, ook herstel, en hulle het Jerusalem versterk tot by die breë muur.