Nehemia 3

3
Die mense wat die muur gebou het
1Die hoëpriester Eljasib en die ander priesters het begin om die muur te bou. Hulle het die Skaap-poort gebou. Hulle het dit gewy en hulle het die deure ingesit. Toe het hulle die muur gebou tot by die Toring-van-die-Honderd. Hulle het dit gewy, en toe het hulle verder gebou tot by die Gananel-toring. 2Die manne van Jerigo het die volgende stuk van die muur gebou, en Sakkur seun van Imri het die volgende stuk gebou. 3Die Senaä-familie het die Vis-poort gebou. Hulle het die balke op die mure gesit en hulle het die deure ingesit, saam met die slotte en die sluitbalke. 4Meremot seun van Urija seun van Kos het die volgende stuk van die muur reggemaak, Mesullam seun van Berekja seun van Mesesabel het die volgende stuk reggemaak, en Sadok seun van Baäna die volgende stuk. 5Die Tekoa-mense het die volgende stuk van die muur reggemaak, maar hulle belangrike mense wou nie hard werk vir hulle Here nie. 6Jojada seun van Paseag, en Mesullam seun van Besodja het die Ou Poort reggemaak. Hulle het die balke op die mure gesit en hulle het die deure ingesit, saam met die slotte en sluitbalke. 7Melatja van die stad Gibeon, en Jadon van die stad Meronot, en die manne van die stede Gibea en Mispa het die volgende stuk van die muur reggemaak, tot by die huis van die goewerneur van die provinsie Wes-Eufraat. 8Die goudsmid Ussiël seun van Garhaja het die volgende stuk van die muur reggemaak, en Gananja, die man wat die salf gemeng het, het die volgende stuk reggemaak. Hulle het die muur van Jerusalem reggemaak tot by die Breë Muur. 9Refaja seun van Gur het die volgende stuk van die muur reggemaak. Refaja was die amptenaar wat regeer het oor die helfte van een van die dele van die stad Jerusalem. 10Jedaja seun van Garumaf het die volgende stuk reggemaak, tot oorkant sy huis. Gattus seun van Gasabneja het die volgende stuk reggemaak. 11Malkija seun van Garim, en Gassub seun van Pagat-Moab het 'n tweede stuk reggemaak. Dit was die stuk tot by die Bakoond-toring. 12Sallum seun van Loges het die volgende stuk gebou, hy en sy dogters. Sallum was die amptenaar wat regeer het oor die ander helfte van een van die dele van Jerusalem. 13Ganun en die mense van die stad Sanoag het die poort in die vallei reggemaak. Hulle het die mure van die poort gebou en hulle het die deure ingesit, saam met die slotte en sluitbalke. Hulle het ook die stuk muur tot by die Vullis-poort gebou, die stuk muur was 1 000 el lank. 14Malkija seun van Rekab het die Vullis-poort reggemaak. Malkija was die amptenaar wat regeer het oor Bet-Kerem, een van die dele van Jerusalem. Hy het die mure van die poort gebou en hy het die deure ingesit, saam met die slotte en sluitbalke. 15Sallun seun van Kol-Gose het die Fontein-poort reggemaak. Sallun was die amptenaar wat regeer het oor Mispa, een van die dele van die stad. Hy het die mure van die poort gebou en hy het die dak opgesit en die deure ingesit, saam met die slotte en sluitbalke. Hy het ook die muur by die Kanaal-dam weer gebou, van die tuin van die koning tot by die trappe wat afkom uit die Dawidstad. 16Nehemia seun van Asbuk het die stuk muur reggemaak tot oorkant die Dawid-grafte en tot by die dam wat die mense gebou het. Dit was by die kamers waar die spesiale manne van die koning gewoon het. Nehemia was die amptenaar wat regeer het oor die helfte van Bet-Sur, een van die dele van Jerusalem. 17Die Leviete het die volgende stukke van die muur reggemaak. Regum seun van Bani het die eerste stuk reggemaak. Gasabja het die volgende stuk reggemaak. Dit was die stuk langs sy deel van die stad. Gasabja was die amptenaar wat regeer het oor die helfte van Keïla, een van die dele van die stad. 18Die Leviet Bawwai seun van Genadad het die volgende stuk reggemaak. Bawwai was die amptenaar wat regeer het oor die ander helfte van Keïla, een van die dele van die stad. 19Die Leviet Eser seun van Jesua het 'n tweede stuk reggemaak, die stuk van oorkant die plek waar 'n mens opgaan na die wapenkamer op die hoek van die muur. Eser was die amptenaar wat regeer het oor Mispa, 'n deel van die stad. 20Baruk seun van Sabbai het ook 'n tweede stuk reggemaak. Dit was die stuk van die hoek tot by die poort van die huis van Eljasib, die hoëpriester. 21Meremot seun van Urija seun van Kos het 'n tweede stuk reggemaak. Dit was die stuk van die poort voor die huis van Eljasib tot by die kant van Eljasib se huis. 22Die priesters wat daar naby gewoon het, het die volgende stuk van die muur reggemaak. 23Benjamin en Gassub het die stuk oorkant hulle huis reggemaak, en Asarja seun van Maäseja seun van Ananeja het die stuk oorkant sy huis reggemaak. 24Binnuï seun van Genadad het 'n tweede stuk van die muur reggemaak. Dit was van die huis van Asarja tot by die draai en die hoek van die muur. 25Palal seun van Usai het die stuk reggemaak oorkant die draai en die toring. Dit is die toring wat uitsteek bokant die boonste paleis wat by die binneplaas van die wagte is. Pedaja seun van Paros 26en die tempel-slawe wat op die Ofel gewoon het, het die stuk van die muur reggemaak tot by die Water-poort oos van die toring wat uitsteek. 27Die mense van Tekoa het ook 'n tweede stuk muur reggemaak, dit was van oorkant daardie groot toring tot by die muur van die Ofel. 28Die priesters het die stuk muur bokant die Perde-poort reggemaak, elkeen het die stuk muur oorkant sy huis reggemaak. 29Sadok seun van Immer het die stuk muur oorkant sy huis reggemaak. Semaja seun van Sekanja het die volgende stuk reggemaak. Semaja was die wag by die poort oos van die tempel. 30Gananja seun van Selemja en Ganun, die sesde seun van Salaf, het ook 'n tweede stuk muur reggemaak. Mesullam seun van Berekja het die stuk oorkant sy kamer reggemaak.
31Malkija, 'n goudsmid, het die stuk muur reggemaak tot by die woonplek van die tempel-slawe en die handelaars. Dit was die stuk muur langs die Wag-poort, tot by die bo-kamer op die hoek van die muur. 32Die goudsmede en die handelaars het die stuk van die muur tussen die bo-kamer en die Skaap-poort reggemaak.

Tans Gekies:

Nehemia 3: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid