NEHEMIA 3:30
NEHEMIA 3:30 Bybel vir almal (ABA)
Gananja seun van Selemja en Ganun, die sesde seun van Salaf, het ook 'n tweede stuk muur reggemaak. Mesullam seun van Berekja het die stuk oorkant sy kamer reggemaak.
NEHEMIA 3:30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ná hom het Hanánja, die seun van Selémja, en Hanun, die sesde seun van Salaf, 'n tweede stuk herstel; daarnaas het Mesúllam, die seun van Berégja, teenoor sy kamer herstel.
NEHEMIA 3:30 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die volgende deel is herstel deur Gananja seun van Selemja, en Ganun die sesde seun van Salaf, en die volgende deur Mesullam seun van Berekja tot regoor sy kamer.
NEHEMIA 3:30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar langsaan het Gananja, seun van Selemja, en Ganun, die sesde seun van Salaf, 'n tweede afgemete deel herstel. Daar langsaan het Mesullam, seun van Beregja, herstelwerk gedoen regoor sy kamer.
NEHEMIA 3:30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ná hom het Hanánja, die seun van Selemja, en Hanun, die sesde seun van Salaf, nog 'n stuk herstel. Ná hom het Mesullam, die seun van Beregja, teenoor sy kamer herstel.