NEHEMIA 3:27
NEHEMIA 3:27 Die Boodskap (DB)
Die mense van Tekoa het die muur van die groot aangeboude toring af tot by die Ofelmuur herbou; dit was al die tweede gedeelte waarmee hulle besig was.
NEHEMIA 3:27 Bybel vir almal (ABA)
Die mense van Tekoa het ook 'n tweede stuk muur reggemaak, dit was van oorkant daardie groot toring tot by die muur van die Ofel.
NEHEMIA 3:27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ná hom het die Tekoïete 'n tweede stuk herstel, van teenoor die groot toring af wat uitsteek, tot by die Heuwel-muur.
NEHEMIA 3:27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die volgende deel, die stuk van regoor die groot aangeboude toring af tot by die Ofelmuur, is herstel deur die mense van Tekoa.
NEHEMIA 3:27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar langsaan het die mense van Tekoa 'n tweede afgemete deel herstel, regoor die groot toring wat uittroon en verder tot by die muur van die Ofel.