NEHEMIA 3:16
NEHEMIA 3:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar langsaan het Nehemia, seun van Asbuk, bevelvoerder van die helfte van die Bet-Sur-distrik, herstelwerk gedoen tot regoor die grafte van Dawid, en ook verder tot by die geboude dam en die Huis van die Helde.
NEHEMIA 3:16 Bybel vir almal (ABA)
Nehemia seun van Asbuk het die stuk muur reggemaak tot oorkant die Dawid-grafte en tot by die dam wat die mense gebou het. Dit was by die kamers waar die spesiale manne van die koning gewoon het. Nehemia was die amptenaar wat regeer het oor die helfte van Bet-Sur, een van die dele van Jerusalem.
NEHEMIA 3:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ná hom het Nehemía, die seun van Asbuk, owerste van die halwe distrik Bet-Sur, tot teenoor die Dawidsgrafte herstel en tot by die kunstig aangelegde dam en tot by die huis van die helde.
NEHEMIA 3:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nehemia, seun van Asbuk en gesagvoerder oor die halwe stadswyk Bet-Sur, het die volgende stuk herstel, tot regoor die Dawidsgrafte en tot by die gemesselde dam en die kwartiere van die lyfwag.
NEHEMIA 3:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ná hom het Nehemia, die seun van Asbuk, die owerste van die halwe deel van Bet-Sur, herstel tot by die plek teenoor die grafte van Dawid en tot by die dam wat daar gemaak is, en tot by die huis van die helde.