NEHEMIA 1:1
NEHEMIA 1:1 Bybel vir almal (ABA)
Hierdie is die dinge wat Nehemia gesê en gedoen het. Nehemia was 'n seun van Gakalja. Dit was in die maand Kislef in die twintigste jaar. Ek was in die stad Susan, 'n stad wat sterk mure het.
NEHEMIA 1:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DIE geskiedenis van Nehemía, die seun van Hagálja. En in die maand Kislew van die twintigste jaar toe ek in die vesting Susan was
NEHEMIA 1:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die verhaal van Nehemia seun van Gakalja. Dit was in die maand Kislef, die twintigste jaar. Ek was in die vestingstad Susan.
NEHEMIA 1:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die woorde van Nehemia, seun van Gagalja. Dit het gebeur in die maand Kislef, in die twintigste regeringsjaar, toe ek in die vestingstad Susan was.
NEHEMIA 1:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die woorde van Nehemia, die seun van Hagalja. En dit het gebeur in die maand Kisleu, in die twintigste jaar, terwyl ek in die paleis Susan was