NAHUM 1:5
NAHUM 1:5 Bybel vir almal (ABA)
Die berge skud voor die Here, die heuwels smelt, die wêreld en almal wat op die wêreld woon, skrik wanneer die Here kom.
NAHUM 1:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die berge bewe voor Hom, en die heuwels smelt weg; en die aarde rys op voor sy aangesig, ja, die wêreld en almal wat daarin woon.
NAHUM 1:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Berge bewe voor Hom, heuwels wankel; die aarde, die wêreld en almal wat daarin woon, deins terug wanneer Hy verskyn.
NAHUM 1:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die berge bewe voor Hom, die heuwels stort ineen. Die aarde lê verwoes voor Hom, ja, die wêreld met al sy bewoners.
NAHUM 1:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die berge bewe vir hom, en die heuwels smelt, en die aarde word verbrand voor sy aangesig, ja, die wêreld en almal wat daarin woon.