NAHUM 1:2-3 - Compare All Versions

NAHUM 1:2-3 ABA (Bybel vir almal)

Die Here is 'n God wat baie kwaad word en wat sy vyande straf. Hy straf die mense wat teen Hom is, Hy bly kwaad vir sy vyande. Die Here is geduldig en baie sterk, maar as iemand skuldig is, dan sal die Here hom straf. Wanneer die Here kom, dan is daar 'n sterk wind en 'n storm. Die wolke is soos stof onder sy voete.

NAHUM 1:2-3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

'n Jaloerse God en 'n wreker is die HERE, 'n wreker is die HERE, en vol grimmigheid; 'n wreker is die HERE vir sy teëstanders, en Hy behou die toorn teen sy vyande. Die HERE is lankmoedig, maar groot van krag; en nooit laat die HERE ongestraf bly nie. Sy weg is in warrelwind en in storm, en wolke is die stof van sy voete.

NAHUM 1:2-3 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die Here is 'n God wat baie begaan is oor sy volk, 'n God wat Hom wreek. Die Here wreek Hom in sy gloeiende toorn, die Here wreek Hom op sy teëstanders, sy toorn ontvlam teen sy vyande. Die Here is lankmoedig, maar sy krag is groot: Hy laat geen skuldige ongestraf nie. Hy kom in rukwind en storm, wolke is die stof onder sy voete.

NAHUM 1:2-3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die HERE is 'n besitlike God, en Hy wreek Hom. Die HERE neem wraak met woede. Die HERE wreek Hom op sy teenstanders, Hy is toornig teenoor sy vyande. Die HERE is geduldig, maar geweldig sterk. Die HERE laat beslis niks ongestraf nie.

NAHUM 1:2-3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

God is jaloers, en die HERE neem wraak; die HERE neem wraak en is grimmig; die HERE sal wraak neem op sy teëstanders, en die grimmigheid bewaar vir sy vyande. Die HERE is lankmoedig en groot van krag, en Hy sal die goddelose glad nie vryspreek nie; die HERE het sy weg in storm en storm, en die wolke is die stof van sy voete.

NAHUM 1:2-3 DB (Die Boodskap)

Die Here hou niks daarvan dat mense ander gode aanbid nie. Dit maak Hom baie kwaad. Daarom straf Hy mense wat teen Hom in opstand kom. Hy wreek Hom ook op sy teëstanders deur hulle te straf. Die Here word nie gou kwaad nie, maar dit beteken nie dat sy mag nie groot is nie. Hy laat nie mense wat verkeerde dinge doen, wegkom nie. Nee, Hy straf hulle. Hy gebruik winde wat warrel en storms wat kwaai woed om te wys dat Hy baie mag het. Dit wys die Here is daar. Die wolke wat saamdrom, lyk dan soos stof wat sy voete opskop.

NAHUM 1:2-3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die HERE is ’n God wat absolute lojaliteit vra. Hy is vol wraak en woede. Hy wreek Hom op al sy teenstanders en vernietig sy vyande. Die HERE word stadig kwaad, maar sy krag is groot. Hy laat skuldiges nie ongestraf nie. Hy kom in warrelwinde en storms, wolke is die stof onder sy voete.