YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

NAHUM 1:2

NAHUM 1:2 Bybel vir almal (ABA)

Die Here is 'n God wat baie kwaad word en wat sy vyande straf. Hy straf die mense wat teen Hom is, Hy bly kwaad vir sy vyande.

Deel
Lees NAHUM 1

NAHUM 1:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

'n Jaloerse God en 'n wreker is die HERE, 'n wreker is die HERE, en vol grimmigheid; 'n wreker is die HERE vir sy teëstanders, en Hy behou die toorn teen sy vyande.

Deel
Lees NAHUM 1

NAHUM 1:2 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die Here is 'n God wat baie begaan is oor sy volk, 'n God wat Hom wreek. Die Here wreek Hom in sy gloeiende toorn, die Here wreek Hom op sy teëstanders, sy toorn ontvlam teen sy vyande.

Deel
Lees NAHUM 1

NAHUM 1:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Die HERE is 'n besitlike God, en Hy wreek Hom. Die HERE neem wraak met woede. Die HERE wreek Hom op sy teenstanders, Hy is toornig teenoor sy vyande.

Deel
Lees NAHUM 1

NAHUM 1:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

God is jaloers, en die HERE neem wraak; die HERE neem wraak en is grimmig; die HERE sal wraak neem op sy teëstanders, en die grimmigheid bewaar vir sy vyande.

Deel
Lees NAHUM 1

NAHUM 1:2 Die Boodskap (DB)

Die Here hou niks daarvan dat mense ander gode aanbid nie. Dit maak Hom baie kwaad. Daarom straf Hy mense wat teen Hom in opstand kom. Hy wreek Hom ook op sy teëstanders deur hulle te straf.

Deel
Lees NAHUM 1

NAHUM 1:2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Die HERE is ’n God wat absolute lojaliteit vra. Hy is vol wraak en woede. Hy wreek Hom op al sy teenstanders en vernietig sy vyande.

Deel
Lees NAHUM 1
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's