MARKUS 9:2
MARKUS 9:2 Bybel vir almal (ABA)
Ná ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes saam met Hom geneem tot op 'n hoë berg. Daar was nie ander mense by hulle nie. Daar by hulle het Jesus toe skielik begin anders lyk.
MARKUS 9:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN ná ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes saamgeneem en hulle alleen op 'n hoë berg in die eensaamheid geneem; en Hy het voor hulle van gedaante verander
MARKUS 9:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ses dae later het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes saamgeneem en hulle op 'n hoë berg gebring waar hulle heeltemal alleen was. Toe het sy voorkoms voor hulle oë verander
MARKUS 9:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ses dae later neem Jesus vir •Petrus, Jakobus en Johannes saam en lei hulle teen 'n hoë berg uit waar hulle heeltemal alleen was. Hy het toe voor hulle van gedaante verander.
MARKUS 9:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ná ses dae het Jesus Petrus en Jakobus en Johannes saam met Hom geneem en hulle alleen op 'n hoë berg gelei, en Hy het voor hulle van gedaante verander.