MARKUS 8:36 - Compare All Versions

MARKUS 8:36 ABA (Bybel vir almal)

As jy alles in die wêreld kry maar jy verloor jou lewe, dan help dit jou niks.

MARKUS 8:36 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Want wat sal dit 'n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?

MARKUS 8:36 AFR83 (Afrikaans 1983)

Wat help dit 'n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor?

MARKUS 8:36 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Wat baat dit 'n mens immers as hy die hele wêreld as wins bekom, maar sy lewe verloor?

MARKUS 8:36 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Want wat baat dit 'n mens as hy die hele wêreld win en sy eie siel skade ly?

MARKUS 8:36 DB (Die Boodskap)

Maar vra eers vir jouself die volgende vraag: Wat help dit as al die skatte in die wêreld joune is, maar daar is nie vir jou plek by God nie?

MARKUS 8:36 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Wat sal dit jou tog help as jy alles in die lewe bereik, maar jou diepste menswees ly skade?