MARKUS 8:29-30
MARKUS 8:29-30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy vra hulle toe: “Maar julle, wie sê julle is Ek?” •Petrus antwoord Hom: “U is die Christus.” Jesus het hulle toe opdrag gegee om niemand van Hom te vertel nie.
MARKUS 8:29-30 Die Boodskap (DB)
“Maar julle, wat sê julle van My? Wie is Ek?” vra Jesus hulle toe. Petrus sê toe: “U is Christus, die beloofde Redder.” Jesus vra hulle toe mooi om dit nie vir ander te sê nie.
MARKUS 8:29-30 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het aangehou om vir hulle te vra: “Maar julle, wat sê julle? Wie sê julle is Ek?” Petrus het Hom geantwoord: “U is die Christus!” Jesus het toe vir sy dissipels gesê hulle mag nie vir ander mense vertel dat Hy die Christus is nie.
MARKUS 8:29-30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Petrus antwoord en sê vir Hom: U is die Christus. En Hy het hulle streng beveel om niemand van Hom te vertel nie.
MARKUS 8:29-30 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Maar julle,” vra Hy hulle, “wie, sê julle, is Ek?” Petrus antwoord Hom: “U is die Christus!” Toe belet Hy hulle om dit vir iemand anders te vertel.