MARKUS 8:19
MARKUS 8:19 Bybel vir almal (ABA)
Toe Ek vyf brode gebreek het en vir die 5 000 mense kos gegee het, hoeveel mandjies vol stukkies het julle daarna opgetel?” Die dissipels het geantwoord: “Twaalf mandjies.”
MARKUS 8:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En onthou julle nie toe Ek die vyf brode vir die vyfduisend gebreek het, hoeveel mandjies vol brokstukke julle opgetel het nie? Hulle sê vir Hom: Twaalf.
MARKUS 8:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
toe Ek die vyf brode vir die vyf duisend gebreek het, hoeveel mandjies vol stukke brood julle oorgehou het nie?” “Twaalf,” sê hulle vir Hom.
MARKUS 8:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
toe Ek die vyf brode vir die vyfduisend gebreek het, hoeveel mandjies vol stukke julle opgetel het nie?” Hulle antwoord Hom: “Twaalf.”
MARKUS 8:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe ek die vyf brode onder vyfduisend gebreek het, hoeveel mandjies vol brokstukke het julle opgetel? Hulle sê vir hom: Twaalf.