MARKUS 8:12
MARKUS 8:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sug Hy swaar in sy gees en sê: Waarom begeer hierdie geslag 'n teken? Voorwaar Ek sê vir julle, aan hierdie geslag sal sekerlik geen teken gegee word nie.
MARKUS 8:12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus sug toe diep en sê: “Waarom wil julle mense so graag ’n wonderteken hê? Ek verseker julle, Ek gaan aan hierdie bose geslag mense geen teken gee nie.”
MARKUS 8:12 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het gesug en gesê: “Hoekom wil die mense wat nou lewe, 'n wonderteken sien? God sal nie 'n wonderteken vir hulle wys nie. Dit is seker.”
MARKUS 8:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het diep gesug en gesê: “Waarom wil hierdie geslag 'n teken hê? Dit verseker Ek julle: Aan hierdie geslag sal beslis nie 'n teken gegee word nie.”
MARKUS 8:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het in sy binneste diep gesug en gesê: “Waarom vra hierdie geslag 'n teken? •Amen, Ek sê vir julle: Aan hierdie geslag sal beslis geen teken gegee word nie.”