MARKUS 7:37
MARKUS 7:37 Bybel vir almal (ABA)
Die mense was baie verbaas en hulle het gesê: “Alles wat Jesus gedoen het, is goed. Hy laat dowes hoor en Hy laat mense wat stom is, praat.”
MARKUS 7:37 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle was uitermate verslae en het gesê: Hy het alles goed gedoen: die dowes laat Hy hoor en die stommes praat.
MARKUS 7:37 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle is geweldig aangegryp en het gesê: “Alles wat Hy doen, is goed: die dowes laat Hy hoor en die stommes laat Hy praat.”
MARKUS 7:37 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle was uitermate verwonderd en het gesê: “Hy het alles goed gedoen – selfs dowes laat Hy hoor en stommes laat Hy praat.”
MARKUS 7:37 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle was grootliks verbaas en sê: Hy het alles goed gedoen: die dowes laat Hy hoor en die stommes praat.