MARKUS 7:3
MARKUS 7:3 Bybel vir almal (ABA)
Die Fariseërs en al die Jode het altyd eers hulle hande op 'n spesiale manier gewas voordat hulle geëet het. Hulle het dit gedoen soos hulle voorouers altyd gedoen het.
MARKUS 7:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want die Fariseërs en al die Jode eet nie as hulle nie deeglik die hande gewas het nie, omdat hulle vashou aan die oorlewering van die ou mense.
MARKUS 7:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Fariseërs, en tewens die Jode oor die algemeen, eet immers nie as hulle nie eers hulle hande behoorlik gewas het nie. So hou hulle hulle aan die oorgelewerde gebruik van die voorgeslagte.
MARKUS 7:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die Fariseërs en al die Jode eet immers nie tensy hulle hulle hande deeglik gewas het nie, omdat hulle vasklou aan die tradisie van die voorouers.
MARKUS 7:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want die Fariseërs en al die Jode eet nie, as hulle nie gereeld hul hande was nie, volgens die oorlewering van die ouderlinge.