MARKUS 7:14-15
MARKUS 7:14-15 Die Boodskap (DB)
Toe draai Jesus na al die ander mense toe wat daar gesit het. “Luister nou mooi na My, want Ek wil nie hê julle moet My misverstaan nie. “Dit is nie wat julle eet en so in julle liggaam inneem wat julle onrein maak in God se oë nie. Nee, dit is wat by jou mond uitgaan wat jou vir God onrein maak.”
MARKUS 7:14-15 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het weer die klomp mense na Hom toe geroep en vir hulle gesê: “Julle moet almal na My luister, sodat julle kan verstaan wat Ek sê. Die kos wat by 'n mens se mond ingaan, maak hom nie onrein nie. 'n Mens word onrein van die dinge wat uit sy mond uitgaan, die dinge wat hy sê.”
MARKUS 7:14-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy het die hele skare na Hom geroep en vir hulle gesê: Luister almal na My en verstaan. Daar is niks wat van buite af in die mens ingaan wat hom onrein kan maak nie; maar die dinge wat van hom uitgaan, dít is die dinge wat die mens onrein maak.
MARKUS 7:14-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarna het Jesus weer die menigte nader geroep en vir hulle gesê: “Luister julle almal hier na My en verstaan dit goed: Niks wat van buite af in 'n mens ingaan, kan hom onrein maak nie; maar die dinge wat uit 'n mens uitkom, dít maak hom onrein.”
MARKUS 7:14-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het die skare weer nader geroep en vir hulle gesê: “Luister julle almal na My en verstaan! Daar is niks wat van buite af in 'n mens ingaan wat jou onrein kan maak nie, maar die dinge wat uit 'n mens uitkom, dit is wat jou onrein maak.”
MARKUS 7:14-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Hy die hele volk na hom geroep het, sê Hy vir hulle: Luister elkeen van julle na my en verstaan. Daar is niks van buite af wat in hom ingaan, hom kan verontreinig nie; maar wat uit hom uitgaan, dit is dit wat die mens onrein maak.