MARKUS 7:10 - Compare All Versions

MARKUS 7:10 AFR83 (Afrikaans 1983)

Moses het gesê: ‘Eer jou vader en jou moeder’ en: ‘Wie sy vader of sy moeder vloek, moet sekerlik doodgemaak word.’

MARKUS 7:10 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Want Moses het gesê: Eer jou vader en jou moeder; en: Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe.

MARKUS 7:10 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Moses het byvoorbeeld vir julle hierdie opdrag van God gegee: ‘Behandel jou ouers met respek,’ en: ‘Iemand wat sy pa of ma vloek, moet doodgemaak word.’

MARKUS 7:10 DB (Die Boodskap)

Moses het mos gesê: ‘Respekteer jou pa en ma’ en ‘as iemand sy pa of ma slegmaak en verneder, moet hy doodgemaak word.’

MARKUS 7:10 ABA (Bybel vir almal)

Moses het gesê: ‘ Jy moet jou ouers respekteer.’ Hy het ook gesê: ‘ As iemand sy pa of sy ma vervloek, dan moet hy sterf. Dit is seker!’

MARKUS 7:10 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Want Moses het gesê, ‘Eer jou vader en jou moeder,’ en ‘Wie sy vader of moeder beledig, laat hy beslis doodgemaak word.’

MARKUS 7:10 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Want Moses het gesê: Eer jou vader en jou moeder; en: Wie vader of moeder vloek, laat hom die dood sterwe.