MARKUS 16:9
MARKUS 16:9 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het vroeg die Sondag-oggend weer begin lewe. Hy het eerste aan Maria Magdalena verskyn. Dit is die vrou uit wie Jesus voorheen sewe duiwels uitgejaag het.
MARKUS 16:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN nadat Hy opgestaan het, vroeg op die eerste dag van die week, het Hy eers verskyn aan Maria Magdaléna, uit wie Hy sewe duiwels uitgedryf het.
MARKUS 16:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ná Jesus se opstanding vroeg die Sondagmôre, het Hy heel eerste aan Maria Magdalena verskyn, uit wie Hy vantevore sewe bose geeste uitgedrywe het.
MARKUS 16:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nadat Jesus vroeg die oggend op die eerste dag van die week opgestaan het, het Hy eerste verskyn aan Maria Magdalena, uit wie Hy voorheen sewe demone uitgedryf het.
MARKUS 16:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Jesus vroeg op die eerste dag van die week opgestaan het, het Hy eerste aan Maria Magdalena verskyn, uit wie Hy sewe duiwels gedryf het.