MARKUS 16:6
MARKUS 16:6 Bybel vir almal (ABA)
Die man het vir hulle gesê: “Moenie skrik nie. Julle soek vir Jesus van Nasaret wat gekruisig is. Hy lewe weer, Hy is nie hier nie. Kyk, hier is die plek waar hulle sy liggaam gesit het.
MARKUS 16:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy sê vir hulle: Moenie verskrik wees nie. Julle soek Jesus die Nasaréner wat gekruisig is. Hy het opgestaan. Hy is nie hier nie. Dáár is die plek waar hulle Hom neergelê het.
MARKUS 16:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Moenie skrik nie!” sê hy vir hulle. “Julle soek Jesus van Nasaret, wat gekruisig is. Hy is uit die dood opgewek. Hy is nie hier nie. Kyk, daar is die plek waar hulle Hom neergelê het.
MARKUS 16:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar hy sê vir hulle: “Moenie ontsteld wees nie. Julle soek Jesus van Nasaret, wat gekruisig is. Hy is opgewek! Hy is nie hier nie. Kyk, hier is die plek waar hulle Hom neergelê het.
MARKUS 16:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Hy sê vir hulle: Moenie verskrik wees nie. Julle soek Jesus, die Nasaret, wat gekruisig is; Hy het opgestaan; hy is nie hier nie; kyk die plek waar hulle hom neergelê het.
MARKUS 16:6 Die Boodskap (DB)
“Moenie weghardloop nie,” sê die man. “Ek weet julle is op soek na Jesus van Nasaret. Hy is nie meer hier nie, want Hy het uit die dood lewendig geword. “Kom kyk maar hier waar hulle sy lyk neergesit het.