MARKUS 16:10-11
MARKUS 16:10-11 Bybel vir almal (ABA)
Sy het vir die dissipels wat altyd saam met Hom was, gaan vertel dat Jesus aan haar verskyn het. Hulle was nog besig om te huil en te treur. Toe hulle hoor Jesus lewe en Maria het Hom gesien, het hulle dit nie geglo nie.
MARKUS 16:10-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Sy het gegaan en dit vertel aan die wat saam met Hom gewees het, terwyl hulle treur en ween. En toe hulle hoor dat Hy lewe en deur haar gesien is, het hulle dit nie geglo nie.
MARKUS 16:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sy het dit vir sy dissipels gaan vertel wat oor Hom getreur en gehuil het. Alhoewel hulle by haar gehoor het dat Hy lewe en dat sy Hom gesien het, het hulle haar tog nie geglo nie.
MARKUS 16:10-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sy het dit gaan vertel vir die mense wat by Hom was, terwyl hulle treur en huil. Toe hulle hoor dat Hy leef en sy Hom gesien het, het hulle dit nie geglo nie.
MARKUS 16:10-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En sy het gegaan en dit aan die wat by hom was, vertel terwyl hulle getreur en geween het. En toe hulle hoor dat hy lewe en deur haar gesien is, het hulle nie geglo nie.
MARKUS 16:10-11 Die Boodskap (DB)
Sy is toe daar weg om vir die ander volgelinge van Jesus te gaan vertel. Hulle almal was nog baie hartseer oor alles wat gebeur het en het gehuil. Toe Maria vir hulle vertel dat Jesus leef en dat sy Hom gesien het, wou hulle nie ’n woord glo wat sy sê nie.