MARKUS 16:1
MARKUS 16:1 Bybel vir almal (ABA)
Nadat die Sabbatdag verby was, het Maria Magdalena en Maria, die ma van Jakobus, en ook Salome lekkerruik-olie gaan koop. Hulle wou dit op Jesus se liggaam gaan uitgooi.
MARKUS 16:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN toe die sabbat verby was, het Maria Magdaléna en Maria, die moeder van Jakobus, en Salóme speserye gekoop om Hom te gaan salf.
MARKUS 16:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe die sabbatdag verby was, het Maria Magdalena en Maria die ma van Jakobus, en Salome reukolie gekoop om die liggaam daarmee te gaan balsem.
MARKUS 16:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe die Sabbat verby was, het Maria Magdalena, Maria, die moeder van Jakobus, en Salome geurige speserye gekoop, sodat hulle Hom kon gaan salf.
MARKUS 16:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe die sabbat verby was, het Maria Magdalena en Maria, die moeder van Jakobus, en Salome speserye gekoop om Hom te kom salf.