MARKUS 10:7-9
MARKUS 10:6-9 Bybel vir almal (ABA)
Maar as God 'n man en 'n vrou saamgebind het, dan mag hulle nie skei nie. God wat in die begin alles gemaak het, het die mense so gemaak dat hulle mans en vroue is. “ Daarom sal 'n man weggaan van sy pa en sy ma, en hy sal saam met sy vrou lewe, en hulle twee sal soos een mens wees. “Daarom is hulle nie meer twee mense nie, maar een.”
MARKUS 10:7-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees. Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.
MARKUS 10:7-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
‘Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle twee sal een wees,’ sodat hulle nie meer twee is nie, maar een. Wat God dan saamgevoeg het, mag 'n mens nie skei nie.”
MARKUS 10:7-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en aan sy vrou verbind word, en die twee sal een liggaam wees, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een. Daarom, wat God saamgevoeg het, moet 'n mens nie skei nie.”
MARKUS 10:7-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef; En hulle twee sal een vlees wees; so dan is hulle nie meer twee nie, maar een vlees. Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.