MARKUS 10:52 - Compare All Versions

MARKUS 10:52 ABA (Bybel vir almal)

Jesus het vir hom gesê: “Jy mag gaan. Jy kan nou sien, want jy het geglo.” Die man kon dadelik sien. Maar hy het Jesus gevolg en saamgegaan met Hom op die pad.

MARKUS 10:52 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En Jesus sê vir hom: Gaan, jou geloof het jou gered. En dadelik het hy gesien en Jesus op die pad gevolg.

MARKUS 10:52 AFR83 (Afrikaans 1983)

Jesus sê daarop vir hom: “Jy kan maar gaan. Jou geloof het jou gered.” Dadelik kon hy sien en het hy op die pad agter Jesus aan gegaan.

MARKUS 10:52 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Jesus sê toe vir hom: “Gaan! Jou geloof het jou gered. ” En dadelik kon hy sien, en hy het Hom op sy pad gevolg.

MARKUS 10:52 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En Jesus sê vir hom: Gaan heen; jou geloof het jou gesond gemaak. En dadelik het hy gesien en Jesus op die pad gevolg.

MARKUS 10:52 DB (Die Boodskap)

“Ek wil asseblief graag sien, Meneer,” kom die antwoord. “Jy kan maar gaan,” sê Jesus vir hom. “Omdat jy op My vertrou het, is jy nou gesond.” Die man kon dadelik sien en hy het daar en dan vir Jesus begin volg.

MARKUS 10:52 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe het Jesus vir hom gesê: “Gaan maar. Omdat jy so vas geglo het, het jy gesond geword.” Dadelik kon hy sien en hy het op die pad agter Jesus aan gegaan.