MARKUS 10:39
MARKUS 10:39 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle antwoord Hom: Ons kan. Maar Jesus sê vir hulle: Dis waar, die beker wat Ek drink, sal julle drink, en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word
MARKUS 10:39 Bybel vir almal (ABA)
Hulle antwoord Hom: “Ons kan dit doen.” Toe sê Jesus vir hulle: “Ja, julle sal uit dieselfde beker drink waaruit Ek moet drink, en julle sal gedoop word soos Ek gedoop sal word.
MARKUS 10:39 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Ons kan,” sê hulle vir Hom. Daarop sê Jesus vir hulle: “Die beker wat Ek drink, sal julle drink, ja, en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word.
MARKUS 10:39 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle sê vir Hom: “Ons kan.” Jesus sê toe vir hulle: “Die beker wat Ek drink, sal julle drink, en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word.
MARKUS 10:39 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle sê vir hom: Ons kan. En Jesus sê vir hulle: Julle sal wel drink uit die beker waaruit Ek drink; en met die doop waarmee ek gedoop is, sal julle gedoop word.