MARKUS 10:32
MARKUS 10:32 Bybel vir almal (ABA)
Jesus en sy dissipels was op die pad na Jerusalem. Jesus het ver voor hulle geloop. Die dissipels was verbaas toe hulle dit sien, en die mense wat hulle gevolg het, was bang. Jesus het weer met die twaalf dissipels gepraat. Hy het vir hulle begin vertel van die dinge wat met Hom sal gebeur.
MARKUS 10:32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN hulle was op die pad terwyl hulle opgaan na Jerusalem, en Jesus het voor hulle uit gegaan, en hulle was verbaas; en terwyl hulle volg, het hulle gevrees. En Hy het weer die twaalf by Hom geneem en aan hulle begin vertel die dinge wat met Hom sou gebeur.
MARKUS 10:32 Afrikaans 1983 (AFR83)
Op pad Jerusalem toe het Jesus voor hulle uit geloop. Dit het die dissipels verontrus en die mense wat agterna gekom het, laat bang word. Toe het Hy weer die twaalf opsy geneem en hulle begin vertel wat met Hom gaan gebeur
MARKUS 10:32 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Terwyl hulle op pad was om na Jerusalem op te gaan, het Jesus voor hulle uit geloop. Die dissipels was verbaas, en dié wat hulle gevolg het, was bang. Hy het die twaalf weer opsy geneem en begin om hulle te vertel van die dinge wat met Hom gaan gebeur.
MARKUS 10:32 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle was op pad na Jerusalem toe; en Jesus het voor hulle uit gegaan, en hulle was verbaas; en terwyl hulle gevolg het, was hulle bang. En hy het weer die twaalf geneem en hulle begin vertel wat met hom sou gebeur
MARKUS 10:32 Die Boodskap (DB)
Jesus-hulle was op pad Jerusalem toe. Jesus het voor geloop terwyl sy volgelinge agternagekom het. Sy getrouste volgelinge was omgekrap en ontsteld terwyl ander bang begin voel het. Weer ’n keer vat Hy sy getrouste volgelinge eenkant toe en vertel vir hulle mooi wat met Hom gaan gebeur.
MARKUS 10:32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hulle was nou op pad na Jerusalem. Jesus het voor hulle uit geloop, en sy dissipels was vol angs. Ook die mense wat agter hulle aan gekom het, was met vrees vervul. Jesus het weer die twaalf eenkant geneem en vir hulle begin vertel wat met Hom sou gebeur