MARKUS 10:14
MARKUS 10:14 Bybel vir almal (ABA)
Toe Jesus dit hoor, het Hy kwaad geword en vir sy dissipels gesê: “Laat die kinders na My toe kom en moenie hulle keer nie, want God is Koning oor mense soos hulle.
MARKUS 10:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar toe Jesus dit sien, het Hy hulle dit baie kwalik geneem en vir hulle gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.
MARKUS 10:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar toe Jesus dit sien, was Hy verontwaardig en het Hy vir hulle gesê: “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.
MARKUS 10:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Jesus dit sien, was Hy verontwaardig en het vir hulle gesê: “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie langer verhinder nie, want die •koninkryk van God behoort aan mense soos hulle.
MARKUS 10:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar toe Jesus dit sien, was Hy baie ontevrede en sê vir hulle: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.