MARKUS 1:10-11
MARKUS 1:10-11 Bybel vir almal (ABA)
En dadelik toe Jesus uit die water opstaan, het Hy gesien die hemel skeur oop en die Heilige Gees kom af na Hom toe soos 'n duif uit die lug afkom. Jesus het ook gehoor Iemand sê uit die hemel: “Jy is my Seun. Ek is lief vir Jou. Jy maak My bly.”
MARKUS 1:10-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En dadelik toe Hy opklim uit die water, sien Hy die hemele skeur en die Gees soos 'n duif op Hom neerdaal. En daar het 'n stem uit die hemele gekom: U is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.
MARKUS 1:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Net toe Hy uit die water kom, het Hy die hemel sien oopskeur en die Gees soos 'n duif na Hom toe sien neerdaal. Daar was ook 'n stem uit die hemel: “Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My.”
MARKUS 1:10-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Net toe Hy uit die water opkom, het Hy die hemel sien oopgaan en die Gees soos 'n duif op Hom sien neerdaal. En 'n stem het uit die hemel gekom: “Jy is my Seun, my geliefde. Oor Jou verheug Ek My!”
MARKUS 1:10-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dadelik uit die water opgekom, sien Hy die hemele geopen en die Gees soos 'n duif op Hom neerdaal. En daar het 'n stem uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.
MARKUS 1:10-11 Die Boodskap (DB)
Toe Jesus na sy doop uit die water kom, was dit of die hemel oopskeur. Iets wat soos ’n duif gelyk het, het van bo af op Hom neergesak. Dit was die Heilige Gees. Net toe weerklink ’n stem uit die hemel: “Jy is my Seun. Ek het Jou lief en Jy maak My bly.”