MATTEUS 9:6-7
MATTEUS 9:6-7 Bybel vir almal (ABA)
Maar Ek wil vir julle wys dat Ek, die Seun van die mens, sondes mag vergewe op die aarde.” Jesus sê toe vir die verlamde man: “Staan op, neem jou slaapmat en gaan huis toe.” Die man het opgestaan en hy het huis toe gegaan.
MATTEUS 9:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op aarde sondes te vergewe — toe sê Hy vir die verlamde man: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe. En hy het opgestaan en huis toe gegaan.
MATTEUS 9:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Ek gaan nou vir julle die bewys lewer dat die Seun van die mens volmag het om op aarde sondes te vergewe.” Hy sê toe vir die verlamde man: “Staan op, vat jou draagbaar en gaan huis toe.” Hy het opgestaan en huis toe gegaan
MATTEUS 9:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar sodat julle kan weet dat die •Seun van die Mens volmag het om op aarde sondes te vergewe ...” – sê Hy toe vir die verlamde: “Staan op, tel jou slaapmat op en gaan na jou huis.” En hy het opgestaan en na sy huis gegaan.
MATTEUS 9:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op aarde sondes te vergewe, sê Hy dan vir die verlamde: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis. En hy het opgestaan en na sy huis gegaan.
MATTEUS 9:6-7 Die Boodskap (DB)
Die Seun van die mens het daardie mag. Kyk mooi, Ek gaan dit nou doen sodat julle kan besef met wie julle te doen het. “Staan op!” sê Jesus vir die lam man. “Vat jou matras en stap self huis toe.” Die lam man het voor almal opgestaan en huis toe gestap.