MATTEUS 9:36 - Compare All Versions

MATTEUS 9:36 ABA (Bybel vir almal)

Baie mense het na Jesus toe gekom, en toe Hy al die mense sien, het Hy baie jammer gevoel vir hulle. Hulle het gelyk soos mense wat swaarkry, maar daar was niemand wat hulle kon help nie. Hulle was soos skape wat nie 'n wagter het nie.

MATTEUS 9:36 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat geen herder het nie.

MATTEUS 9:36 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe Hy die menigtes sien, het Hy hulle innig jammer gekry, want hulle was moeg en hulpeloos soos skape wat nie 'n wagter het nie.

MATTEUS 9:36 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe Hy die skare sien, het Hy hulle innig jammer gekry, omdat hulle verward en verstrooi was, soos skape sonder 'n herder.

MATTEUS 9:36 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel oor hulle, omdat hulle beswyk het en verstrooi was soos skape wat geen herder het nie.

MATTEUS 9:36 DB (Die Boodskap)

Jesus het na al hierdie mense om Hom gekyk. Hulle het vir Hom gelyk soos skape wat sonder ’n herder ronddwaal. Dit was of hulle nie meer krag oorgehad het om aan te gaan nie en sommer net daar wou bly lê. Daarom wou Jesus hulle regtig graag help.

MATTEUS 9:36 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe Jesus na die baie mense kyk, het Hy ontroerd geraak oor hulle seerkry en weerloosheid. Hulle was soos skape sonder ’n wagter.