MATTEUS 8:3
MATTEUS 8:3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daarop steek Jesus sy hand na hom toe uit, raak hom aan en sê: “Ek wil dit vir jou doen. Word gesond!” En dadelik het sy velsiekte verdwyn.
MATTEUS 8:3 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het sy hand uitgesteek en aan die man geraak en gesê: “Ek wil dit vir jou doen. Ek maak jou gesond.” Die man het dadelik gesond geword. Hy was nie meer melaats nie.
MATTEUS 8:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop steek Jesus die hand uit en raak hom aan en sê: Ek wil; word gereinig! En dadelik is hy van sy melaatsheid gereinig.
MATTEUS 8:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe steek Jesus sy hand uit, raak hom aan en sê: “Ek wil. Word gesond!” En sy melaatsheid was onmiddellik weg.
MATTEUS 8:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het sy hand uitgesteek, hom aangeraak en gesê: “Ek wil – word rein!” En hy is onmiddellik van sy melaatsheid gereinig.