MATTEUS 8:3 - Compare All Versions
MATTEUS 8:3 ABA (Bybel vir almal)
Jesus het sy hand uitgesteek en aan die man geraak en gesê: “Ek wil dit vir jou doen. Ek maak jou gesond.” Die man het dadelik gesond geword. Hy was nie meer melaats nie.
MATTEUS 8:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Daarop steek Jesus die hand uit en raak hom aan en sê: Ek wil; word gereinig! En dadelik is hy van sy melaatsheid gereinig.
MATTEUS 8:3 AFR83 (Afrikaans 1983)
Toe steek Jesus sy hand uit, raak hom aan en sê: “Ek wil. Word gesond!” En sy melaatsheid was onmiddellik weg.
MATTEUS 8:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het sy hand uitgesteek, hom aangeraak en gesê: “Ek wil – word rein!” En hy is onmiddellik van sy melaatsheid gereinig.
MATTEUS 8:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Jesus het sy hand uitgesteek en hom aangeraak en gesê: Ek wil; wees jy rein. En dadelik is sy melaatsheid gereinig.
MATTEUS 8:3 DB (Die Boodskap)
Jesus sit toe sy hand op die man en sê: “Ek wil dit graag doen. Jy het dit gevra. Toe, hoekom wag jy nog?” Die man kyk toe na homself en sien die wonder: sy vel was glad en skoon. Hy was gesond!
MATTEUS 8:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Daarop steek Jesus sy hand na hom toe uit, raak hom aan en sê: “Ek wil dit vir jou doen. Word gesond!” En dadelik het sy velsiekte verdwyn.