MATTEUS 8:22 - Compare All Versions

MATTEUS 8:22 ABA (Bybel vir almal)

Maar Jesus antwoord hom: “Kom nou saam met My. Dit is belangriker om My te volg as om te wag totdat jy jou pa begrawe het.”

MATTEUS 8:22 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar Jesus sê vir hom: Volg My, en laat die dooies hul eie dooies begrawe.

MATTEUS 8:22 AFR83 (Afrikaans 1983)

Maar Jesus antwoord hom: “Volg My, en laat die dooies hulle eie dooies begrawe.”

MATTEUS 8:22 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Maar Jesus sê vir hom: “Volg My, en laat die dooies hulle eie dooies begrawe.”

MATTEUS 8:22 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar Jesus sê vir hom: Volg My; en laat die dooies hulle dooies begrawe.

MATTEUS 8:22 DB (Die Boodskap)

Jesus het nie doekies omgedraai nie: “Jou pad na die ware lewe toe loop agter My aan. Loop daardie pad voluit! Moenie allerhande afdraaipaadjies soek nie. Daar is genoeg ander mense wat nie hierdie pad wil loop nie. Laat hulle hulle ophou met dinge soos begrafnisse.”

MATTEUS 8:22 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Maar Jesus het vir hom gesê: “Nee, jy moet My nóú volg. Laat die geestelik dooies maar na mekaar omsien.”