MATTEUS 8:14-15
MATTEUS 8:14-15 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het na Petrus se huis gegaan. Hy het gesien Petrus se skoonma is siek in die bed en sy het 'n hoë koors. Jesus het aan haar hand geraak, en die koors het weggegaan. Sy het toe opgestaan en vir Hom kos gegee.
MATTEUS 8:14-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN toe Jesus in die huis van Petrus kom, sien Hy sy skoonmoeder siek lê aan die koors. En Hy het haar hand aangeraak, en die koors het haar verlaat, en sy het opgestaan en hulle bedien.
MATTEUS 8:14-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe Jesus in die huis van Petrus kom, sien Hy Petrus se skoonmoeder siek lê met 'n hoë koors. Hy het haar hand gevat, en die koors het haar verlaat. Sy het opgestaan en Hom bedien.
MATTEUS 8:14-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Jesus •Petrus se huis binnegaan, het Hy Petrus se skoonmoeder siek van die koors sien lê. Hy het haar hand gevat, en die koors het haar verlaat, en sy het opgestaan en Hom bedien.
MATTEUS 8:14-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Jesus in die huis van Petrus kom, sien Hy sy vrou se moeder lê en siek aan koors. En hy het haar hand aangeraak, en die koors het haar verlaat, en sy het opgestaan en hulle bedien.
MATTEUS 8:14-15 Die Boodskap (DB)
Uiteindelik kom Jesus by Petrus se huis aan. Met die intrapslag kon Jesus sommer sien dat Petrus se skoonma glad nie lekker voel nie. Sy was vuurwarm van die koors en het net daar op haar bed gelê. Jesus stap toe nader en vat haar hand. Dadelik het haar koors gebreek en sy het beter begin voel. Om die waarheid te sê, sy het soveel beter gevoel dat sy dadelik opgestaan en vir Jesus kos gemaak het.