Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

MATTEUS 7:4 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MATTEUS 7:4 AFR83 (Afrikaans 1983)

Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal,’ en intussen is daar 'n balk in jou eie oog?

MATTEUS 7:4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk!

MATTEUS 7:4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Of hoe sal jy vir jou medemens sê: ‘Kom, laat ek daardie splintertjie uit jou oog haal,’ terwyl daar ’n yslike stomp in jou eie oog sit?

MATTEUS 7:4 DB (Die Boodskap)

En dan waag jy dit so ewe om vir jou vriend te sê: ‘My ou broer, kom laat ek gou daardie splintertjie uit jou lewe wegvat sodat jy weer reg kan leef,’ maar jy sien nie die groot foute in jou eie lewe raak nie.

MATTEUS 7:4 ABA (Bybel vir almal)

Jy kan nie vir jou broer sê jy wil die klein stukkie hout uit sy oog haal wanneer daar 'n groot stuk hout in jou eie oog is nie.

MATTEUS 7:4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Of hoe kan jy vir jou broer sê, ‘Laat my toe om die splinter uit jou oog te haal,’ maar wat van die balk in jou eie oog?

MATTEUS 7:4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Of hoe sal jy vir jou broer sê: Laat my die splinter uit jou oog uitruk; en kyk, daar is 'n balk in jou eie oog?