Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 7:29 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 7:29 AFR83 (Afrikaans 1983)

want Hy het hulle geleer soos 'n man met gesag en nie soos hulle skrifgeleerdes nie.

MATTEUS 7:29 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie.

MATTEUS 7:29 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Dit was immers gesagvol – heeltemal anders as dié van hulle eie skrifkenners.

MATTEUS 7:29 DB (Die Boodskap)

Jesus se woorde het heeltemal anders geklink as dié van hulle leermeesters. Hy het met groot gesag en oortuiging gepraat.

MATTEUS 7:29 ABA (Bybel vir almal)

want hulle het besef dit kom van God. Jesus het nie vir hulle geleer soos hulle skrifgeleerdes dit gedoen het nie.

MATTEUS 7:29 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

omdat Hy hulle geleer het soos iemand met gesag en nie soos hulle skrifkenners nie.

MATTEUS 7:29 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie.