Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 7:27 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 7:27 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en die huis het ingestort en is heeltemal verwoes.”

MATTEUS 7:27 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.

MATTEUS 7:27 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Wanneer daar ’n stortbui val, en die vloedwater afkom, en die stormwinde waai, sal daardie huis heeltemal inmekaarstort.”

MATTEUS 7:27 DB (Die Boodskap)

Wanneer die reëns en die storms oor julle losbreek, sal julle lewens uiteindelik inmekaarstort. Dan is die doderyk julle voorland.”

MATTEUS 7:27 ABA (Bybel vir almal)

Dit het gereën en die riviere het vol water geword. Die wind het hard gewaai en dit het die huis baie geruk. Die huis het omgeval, en daar het niks oorgebly nie.”

MATTEUS 7:27 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe die reën begin val en die stormwaters kom en die winde waai en daardie huis tref, het dit ineengestort, en die ineenstorting was geweldig.”

MATTEUS 7:27 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En die reën het neergedaal, en die vloede het gekom, en die winde het gewaai en teen daardie huis geslaan; en dit het geval, en sy val was groot.