Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

MATTEUS 7:22 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MATTEUS 7:22 AFR83 (Afrikaans 1983)

Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’

MATTEUS 7:22 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?

MATTEUS 7:22 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Baie sal vir My op die oordeelsdag sê: ‘Here, Here, ons het dan in u Naam gepreek en in u Naam bose geeste uitgedryf en in u Naam baie wonders verrig!’

MATTEUS 7:22 DB (Die Boodskap)

Dan sal al hierdie skynheilige mense voor My kom staan en vir My sê: ‘Here en Meester, onthou U dan nie watter groot dinge ons alles in u Naam gedoen het nie? Ons het gepreek, duiwels uit mense verdryf en allerhande magtige dade gedoen.’

MATTEUS 7:22 ABA (Bybel vir almal)

Op die dag van die Here sal baie mense vir My sê: ‘Here, Here, ons het u Naam gebruik om God se boodskap te bring, ons het u Naam gebruik om duiwels uit te jaag uit mense, ons het u Naam gebruik om baie wonderwerke te doen.’

MATTEUS 7:22 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Baie sal op daardie dag vir My sê, ‘Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam demone uitgedryf en in u Naam baie kragtige dade verrig nie?’

MATTEUS 7:22 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Baie sal in daardie dag vir my sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer nie? en in u Naam duiwels uitgedryf het? en in u Naam baie wonderwerke gedoen?