MATTEUS 6:18
MATTEUS 6:18 Bybel vir almal (ABA)
sodat die mense nie kan sien dat jy vas nie. Net jou Vader moet sien dat jy vas. Die mense kan nie jou Vader sien nie. En jou Vader in die hemel wat alles kan sien wat die mense nie kan sien nie, sal goed wees vir jou.”
MATTEUS 6:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
MATTEUS 6:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
sodat niemand kan sien dat jy vas nie, behalwe jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.”
MATTEUS 6:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
sodat jy nie die mense nie, maar net jou Vader, wat in die verborgenheid is, laat sien dat jy vas. En jou Vader, wat in die verborgenheid sien, sal jou beloon.”
MATTEUS 6:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
dat jy nie aan die mense verskyn om te vas nie, maar aan jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.