MATTEUS 4:8-10
MATTEUS 4:8-10 Bybel vir almal (ABA)
Die duiwel het daarna vir Jesus na 'n baie hoë berg geneem. Hy het vir Hom al die lande van die wêreld gewys en al die mooi dinge in die lande. Die duiwel sê toe vir Jesus: “Ek sal dit alles vir Jou gee as Jy voor my kniel en my aanbid.” Jesus het vir die duiwel gesê: “Gaan weg, Satan, want in die Ou Testament is geskryf
MATTEUS 4:8-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Weer neem die duiwel Hom saam na 'n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid, en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid. Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.
MATTEUS 4:8-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe neem die duiwel Hom na 'n baie hoë berg toe, wys Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag en sê vir Hom: “Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid.” Maar Jesus sê vir hom: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe
MATTEUS 4:8-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hierna neem die Duiwel Hom na 'n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in hulle prag, en sê vir Hom: “Dit alles sal ek vir u gee as u neerkniel en my aanbid. ” Toe sê Jesus vir hom: “Gaan weg, Satan! Want daar staan geskryf, “ ‘Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.’ ”
MATTEUS 4:8-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Weer neem die duiwel Hom op 'n uitermate hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en die heerlikheid daarvan; En sê vir hom: Al hierdie dinge sal ek jou gee as jy neerval en my aanbid. Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan, want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.
MATTEUS 4:8-10 Die Boodskap (DB)
Die duiwel was egter nog nie klaar met sy versoekings nie. Hy het Jesus na die top van ’n baie hoë berg gevat. Van daar af het hy Hom al die lande van die wêreld gewys met al hulle glans en rykdom. Toe sê hy vir Jesus: “Dit alles is joune. Ek gee jou al hierdie lande op ’n skinkbord. Daar is egter net een voorwaarde: buig gou voor my en aanbid my as jou god.” Daarop het Jesus skerp gereageer: “Gee dadelik pad van My af, Satan! Die Bybel sê: ‘Jy moet net die Here as jou God aanbid. Hom alleen moet jy dien.’”
MATTEUS 4:8-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Vervolgens neem die duiwel Hom na die top van ’n baie hoë berg en wys vir Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag en praal. Daarop sê hy vir Jesus: “Dit alles sal ek vir jou gee. Al wat jy moet doen, is om neer te kniel en my te aanbid.” Toe sê Jesus vir hom: “Trap, Satan! Daar staan in die Skrif: ‘Jy moet die Here jou God aanbid en Hom alleen dien.’”