MATTEUS 4:8
MATTEUS 4:8 Die Boodskap (DB)
Die duiwel was egter nog nie klaar met sy versoekings nie. Hy het Jesus na die top van ’n baie hoë berg gevat. Van daar af het hy Hom al die lande van die wêreld gewys met al hulle glans en rykdom.
MATTEUS 4:8 Bybel vir almal (ABA)
Die duiwel het daarna vir Jesus na 'n baie hoë berg geneem. Hy het vir Hom al die lande van die wêreld gewys en al die mooi dinge in die lande.
MATTEUS 4:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Weer neem die duiwel Hom saam na 'n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid
MATTEUS 4:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe neem die duiwel Hom na 'n baie hoë berg toe, wys Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag
MATTEUS 4:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hierna neem die Duiwel Hom na 'n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in hulle prag
MATTEUS 4:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Weer neem die duiwel Hom op 'n uitermate hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en die heerlikheid daarvan