MATTEUS 4:5-6
MATTEUS 4:5-6 Bybel vir almal (ABA)
Daarna het die duiwel vir Jesus saamgeneem na die gewyde stad en hy het Jesus op die hoogste plek by die tempel laat staan. Die duiwel sê toe vir Jesus: “As Jy die Seun van God is, spring dan hier af, want in die Ou Testament is geskryf: “ God sal vir sy engele sê hulle moet jou beskerm, en hulle sal jou op hulle hande dra sodat jy nie jou voet sal stamp teen 'n klip nie.”
MATTEUS 4:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen 'n klip stamp nie.
MATTEUS 4:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarna neem die duiwel Hom na die heilige stad toe en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan en sê vir Hom: “As U die Seun van God is, spring af! Daar staan mos geskrywe: “Hy sal sy engele oor jou opdrag gee “en: “Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie. ”
MATTEUS 4:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe neem die Duiwel Jesus na die heilige stad en laat Hom op die hoogste punt van die tempelgeboue staan en sê vir Hom: “As u die Seun van God is, spring hier af! Daar staan immers geskryf, “ ‘Hy sal sy engele opdrag oor jou gee – op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie dalk teen 'n klip jou voet stamp nie.’ ”
MATTEUS 4:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarna neem die duiwel hom op in die heilige stad en laat hom op die toppunt van die tempel sit, En sê vir hom: As U die Seun van God is, werp Uself neer; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande jou; 'n klip.
MATTEUS 4:5-6 Die Boodskap (DB)
Daarna het die duiwel Jesus na Jerusalem toe gevat. Daar het hy Hom op die hoogste punt van die tempel laat staan. Hy sê toe vir Jesus: “Bewys dat jy regtig God se Seun is. Spring hier af! Daar staan mos in die Bybel geskryf: ‘God het vir sy engele gesê dat hulle jou moet beskerm. Hulle sal jou op hulle hande dra sodat jy nie eens jou voet teen ’n klip sal stamp nie.’”
MATTEUS 4:5-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daarna neem die duiwel Hom Jerusalem toe en laat Hom op die hoogste spits van die tempel staan. Toe sê hy vir Hom: “As jy regtig die Seun van God is, spring dan hier af. Daar staan mos in die Skrif geskryf: ‘God sal aan sy engele opdrag gee om jou te beskerm. En hulle sal jou op die hande dra sodat jy nie dalk jou voet teen ’n klip stamp nie.’”